XP Broadcasting Tel: 021-910-1000

Bobby Angel You Ask Me To

Bok Radio 98.9FM is toenemend nie net jou beter alternatief vir luistergenot in die Wes-Kaap nie, maar ook ‘n vriend en vennoot deur dik en dun.

Die stasie geniet selfs luisteraars van regoor die wêreld, wat getrou aanlyn by www.bokradio.co.za luister. Musiek kraai koning en beslaan 65% van die lugtyd, terwyl 35% gewy word aan geselsradio: internasionale-, plaaslike-, aktuele-, vermaak- en gemeenskapsnuus, asook weer, verkeer, sport en humoristiese kwinkslae.

Professionele en toegewyde omroepers verseker ‘n hoë gehalte van uitsending, sewe dae ‘n week. Bok Radio is baie betrokke in die gemeenskap met verskeie gemeenskap uitreikingsprojekte wat jaarliks gehou word.

Voorts word die Wes-Kaap se grootste Afrikaanse musiektoekenning geleentheid, die Bokkie Toekennings ook deur Bok Radio aangebied. Duisende luisteraars woon jaarliks die extravaganza by.

Natisha vd Sandt

Natisha vd Sandt
 

Weeksdae
09:00 - 11:00